HomeJoinNewsGalleriesVideoEventsMembersBoktown BokkeTicketsFixturesContactSponsorsCompetitionsLinks
HOME > 
News > Kings jonges spring goed weg

Kings jonges spring goed weg

20/08/2012 Die EP Kings, Griekwas en Valke het almal oorwinnings behaal in die eerste rondte van die Absa Provinsiale Onder-21 reeks se B-afdeling.
 
Die EP Kings, Griekwas en Valke het almal oorwinnings behaal in die eerste rondte van die Absa Provinsiale Onder-21 reeks se B-afdeling.

Die EP Kings het met sy oorwinning van 61-10 oor die span van die Boland Kavaliers gewys hy is ‘n vroeë gunsteling vir vanjaar se titel, terwyl Griekwas en die Valke goeie oorwinnings weg van die huis behaal het.

Die Griekwas het Pumas met 16-14 geklop en die Valke het die Griffons met 31-27 getroef.

In die Nelson Mandelabaai-stadion was die tuisspan veel te vaardig vir Boland en het nege drieë teen een gedruk.

Vier daarvan was van die Kings-skrumskakel, Kayle van Zyl, wat later gaan vleuel speel het, afkomstig. Van Zyl het boonop met agt doelskoppe geslaag vir ‘n persoonlike bydrae van 36 punte.

Van Zyl se drieë was in die 7de, 10de, 25ste en 74ste minute.

In die Mbombela-stadion in Nelspruit het ‘n drie in die doodsnikke van die wedstryd deur sy losskakel, Jonty Gray, die knoop vir Griekwas teen die Pumas deurgehak.

Sake was deurgaans gelykop en die Pumas was rustyd met 6-3 voor.

Gray het sake gelykop gemaak kort na die hervatting van spel en later ook ‘n strafdoel van Philip Range uitkanselleer.

‘n Drie deur Tembi Nkosi in die 74ste minuut het skynbaar die wedstryd vir die tuisspan beklink, maar Gray het ander planne gemaak en in die laaste minuut gaan druk en met die doelskop geslaag om sy span met 16-14 te laat wen.

Die Valke het in Welkom danksy ‘n stewige eerste helfte-poging sy wedstryd teen die Griffons met 31-17 gewen. Die besoekers het rustyd 21-8 voorgeloop.

Friedel Olivier en Peter Mathews het albei twee keer gedruk, terwyl Pieter Botha ‘n tweekuns aan drieë vir die tuisspan behaal het.

Die Griffons sal nie te gelukkig voel oor hy ‘n tuiswedstryd verloor het nie, maar het darem twee bonuspunte uit die wedstryd verdien deur met minder as sewe punte te verloor en vier drieë te druk.

Add to Twitter Add to Facebook Add to Google Bookmarks

SPONSORS
Energade SAA Tsogo Sun Spur BMW Vodacom Absa Castle Larger Shield Logo dunloptyres SARLA Players fund
Powered by Kentico CMS
Developed and maintained by Brandscape Marketing and Treble Group
All rights reserved © 2008-2011 South African Rugby Union